ORANIA DORPSRAAD
Ons bou die stad!
Orania se GODGEGEWE ROEPING is om:
'n volhoubare stad te bou waarbinne vryheid, hoop, voorspoed, innovering en veiligheid vir Afrikaners kan gedy;
'n selfstandige en onafhanklike tuiste vir die Afrikanervolk te vestig;
‘n plek te skep wat in harmonie met die omgewing leef en ‘n positiewe bydrae tot die streek en die kontinent lewer; en
hierdeur 'n lewende getuienis van Jesus Christus se koningsheerskappy vir die wêreld te wees.
KERNWAARDES
Van die personeel van Orania Dorpsraad
Die kernwaardes van die Dorpsraad is die beginsels waarvolgens die instelling bedryf word. Hierdie waardes bied riglyne aan personeel om werksaamhede volgens ʼn sekere protokol uit te voer. Sodoende word geloofwaardigheid in die hand gewerk deurdat die gemeenskap weet wat om van Dorpsraadpersoneellede te verwag in die uitvoering van hulle pligte. Die kernwaardes wat deur die Dorpsraadpersoneel vooropgestel word, naamlik spanwerk, uitnemendheid, integriteit en roeping, weerspieël dus die ware karakter van Orania Dorpsraad.
KENNISGEWINGS
Hierdie aktiewe deel van ons webwerf fokus op kennisgewing vir Oraniers. Die nuutste kennisgewings kom eerste op en ouer kennisgewings kan gesoek word deur middel van filters.
KALENDER
Bly op hoogte van gebeure en belangrike datums in Orania. Die kalender bied ‘n maklike oorsig van gemeenskapsaktiwiteite, vieringe, en ander belangrike gebeurtenisse.
ALGEMENE SKAKELS
Vind vinnig toegang tot belangrike webbladsye en nuttige inligting oor Orania. Ontdek verskeie skakels wat jou help om gerieflik na dienste, nuus, en ander belangrike bronne te navigeer.
Orania Veiligheidsdienste
Orania Helpmekaar
Orania Beweging
Radio Orania
Orania Ontwikkelingsmaatskappy
Orania Sakekamer
OSK
OSK Koöperatiewe Bank
Uitnemendheid
Ons streef daarna om:
• ons menswees te ontwikkel en ons vaardighede deurgaans te verbeter,
• deurentyd na eenvoudige en waardige oplossings vir probleme te soek,
• die Christelik-Afrikanerwaardes en -norme wat ons in Orania koester, te handhaaf,
• werk van wêreldgehalte en ʼn professionele diens aan ons gemeenskap te lewer.
Ons werk doelgerig daaraan om voortdurend ons eie doelwitte te oortref om sodoende aan ons gemeenskap en ander belanghebbendes die beste te bied wat ons moontlik kan.
Spanwerk
Ons is verbind tot gemeenskaplike doelwitte terwyl ons eerlike, maar sensitiewe kommunikasie handhaaf. Ons ondersteun ʼn sinvolle eenheid, geesdrif vir gesamentlike belange en ons glo in gedeelde verantwoordelikheid. Ons verstaan dat positiewe samewerking altyd die sukses van die instelling bepaal. Om hierdie rede werk ons saam in ʼn gees van wedersydse respek en poog ons deurgaans om ons onderlinge verhoudinge te versterk. Eendrag maak mag!
Integriteit
Ons verbind ons daartoe om altyd die “regte ding” te doen, selfs wanneer dit moeilik is of wanneer ons op ons eie is. Hierdie onderneming behels die volgende:
• Ons handhaaf ‘n hoë standaard ten opsigte van ons eie gedrag, en ons bly getrou daaraan.
• Ons staan op vir wat goed en reg is.
• Ons is eerlik en opreg en ons mislei nie deur ons woorde en/of dade nie.
• Ons tree konsekwent op ooreenkomstig die goeie Christelike waardes en norme van die gemeenskap waarin ons woon en werk.
ORANIA KAART
Verken Orania met ons gedetailleerde kaart. Kry rigtingaanwysings, ontdek besienswaardighede, en vind maklik jou pad na belangrike plekke in en om die dorp.
PLEKKE VAN BELANG
Ontdek Orania se unieke plekke van belang. Van historiese besienswaardighede tot gemeenskapsgeriewe – hier vind jy al die besonderhede oor wat om te sien en te doen in ons dorp.
Nuwe Anonieme Voorstelle Opmerkings of Klagtes
Welkom by ons Aanbevelings, Opmerkings en Klagtebladsy! Hier kan jy jou gedagtes, voorstelle of bekommernisse oor ons dienste deel. Kyk na openbare inskrywings en ons terugvoer om deursigtigheid en deurlopende verbetering te verseker. Jou terugvoer is vir ons belangrik en help ons groei – of dit nou ‘n kompliment, aanbeveling of klagte is, ons waardeer jou stem.
Inskrywings
Opmerking / vraag: Goeie dag
Daar word gevra dat die ompaaie nie meer gebruik moet word nie a.g.v klippe en veiligheid, maar die ergste klippe is die wat kom van die grondpad wat loop na BKO CVO skool. Dan moet daardie pad ook mos geteer word.
Nota – Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee.
Vraag/Opmerking: Afrikaners moet versigtig wees om nie in die strik van akademisering te val nie, waar alles oorontleed, oorintellektualiseer en in eindelose verhandelings omskep word. In vandag se samelewing voel dit soms asof almal ’n PhD moet hê om iets te kan doen of sê. Dit is nie ’n aanval op akademiese opleiding of intellektuele denke nie, maar ’n pleidooi dat ons getrou bly aan ons kultuur. Ons is deels gedwing om akademies te word om in ’n veranderende wêreld aan te pas, maar ons moet nie vergeet waar ons vandaan kom nie. Die onlangse OOM-opname is juis ’n voorbeeld van hoe Afrikaners dinge aanpak: vra die mense wat hulle nodig het en vind praktiese oplossings. Ons hoef nie oor elke eenvoudige probleem lang akademiese opstelle te skryf nie. Ons weet dikwels reeds wat gedoen moet word — kom ons doen dit. Ons kultuur is nie gebou op eindelose praatjies nie, maar op inisiatief, verantwoordelikheid en daadkrag.
Nota – Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee.
Vraag/Opmerking: Goeie dag. Dankie vir hierdie platform.
Ek dink dit sal baie help as julle dit meer toeganklik maak om te kan belê in Orania.
Inplaas van verskillende mense te moet kontak en e-posse stuur na bv. Groeifonds, Orasol, stadboufonds, Helpmekaar ens, maak liewers n webtuiste waar alle inligting op een plek beskikbaar is.
Nota – Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee.
Opmerking/Vraag: Wie se swak idee sou dit nou wees om rég voordat De Heuwels Fantasties optree, al hulle liedjies oor die luidsprekers te speel? Teen die tyd wat hulle optree, is almal haf-moeg geluister na hulle!
Nota – Volgens nuwe protokol word opmerking/vrae soms deur admin geredigeer om gepas te wees vir hierdie webwerf en om slegs die essensie daarvan weer te gee.